skip to content

Sign In

Register  |  Forgot Password

Speurder - Sekuriteit Dienste

Speurder.co.za het tot stand gekom toe Kobus Venter - eienaar van www.babiesonline.co.za - besef het dat daar 'n geweldige leemte in die Suid Afrikaanse sekuriteit mark bestaan.

Mense wat sekuriteit dienste benodig weet dikwels nie waar om betroubare professionele dienste te kry nie, en dikwels sit persone met die nodige vaardighede sonder werk omdat moontlik kliente nie van hul weet nie. 

Ons het bymekaar gekom en besluit hoe die leemte aangespreek en opgelos kon word, en dis waaruit speurder.co.za gebore is.

Speurder.co.za is ten volle in Afrikaans beskikbaar, en bedien juis Suid Afrikaners in hul moedertaal met dienste wat spesifiek tot hulle aangepas is.

Speurder.co.za streef daartoe om 'n professionele diens aan Suid Afrikaners op 'n eerlike manier te bring, wat op Vertroue, Integriteit en Professionaliteit gebaseer is. VIP - Vertroue, Integriteit en Professionaliteit is juis ons leuse.

Registreer gratis op http://www.speurder.co.za, dit gaan jou minder as 2 minute neem, en deur te registreer kan jy ander Afrikaners help om ons land 'n veiliger plek te maak.