skip to content

Sign In

Register  |  Forgot Password

Afrikaanse web ontwerp

Jou taal, Jou keuse

Voel jy trots op jou taal? Is jou besigheid meesal Afrikaans vir Afrikaanse kliënte? Bedien jy slegs kliënte in Suid Afrika?

Indien jy "Ja" op hierdie vrae antwoord, hoekom is jou webwerf nie dan ook in Afrikaans nie? As jou kliënte in Afrikaans gaan soek op Google vir jou tipe diens, is dit beter om jou blad totaal in Afrikaans te laat ontwerp, omdat jy nie dan met enige oorsese, Engelse web werwe kompeteer vir die sleutel woorde nie.

Ons administrasie gedeelte stel jou in staat om ten volle twee taligheid of selfs multi taligheid op jou webwerf te ondersteun.

Jou inhoud wat jy laai op jou blad word op die oomblik nog nie outomaties vertaal nie (ons werk daaraan), maar alle vorms, navigasie en ander outomatiese aspekte van die blad word wel outomaties in elke taal gegenereer, wat jou werk soveel makliker maak.  Enige plek waar jy teks kan invoer kan jy dit in alle tale waarin jou blad beskikbaar is, invoer.

Is die hele internet dan nie Engels nie?

Aangesien ons meestal blootgestel word aan die Engelse gedeelte van die internet, is dit maklik om so te dink. As jy egter in bietjie meer diepte ondersoek sou instel, sou jy vind dat web blaaie van Duitse maatskappye meestal in Duits is, Nederlandse maatskappye meestal in Nederlands, en in Sjina feitlik alle web werwe totaal en ook alleenlik in Sjinees is.

Soos voorheen genoem hoef jy nie jou totale web werf in Afrikaans te bedien nie, maar hoekom bied jy nie ten minste vir jou kliënte of besoekers die opsie nie, ek weet van sommige Afrikaners wat so trots op hul taal is, dat hul weier om in enige ander taal bedien te word.

So paar voorbeelde

Hier is `n paar voorbeelde van webwerwe wat in Afrikaans beskikbaar is, of tweetalige funksionaliteit geïntegreer het:

Indien jy enige verdere oortuiging benodig, of enige vrae in die verband het, kontak ons gerus sodat ons dit verder kan bespreek.